Kadawer Dialoog

Kadawer Dialoog

Kadawer Dialoog is ‘n reinkarnasie van verlore siele uit die gebergde klowe van een van die commonste plekke in Suid Afrika. Ons maak musiek om die gaping tussen lewe en dood te disekteer en om die gejaag na wind te omskryf en te omskep in ‘n lewendige gedaante.


Kadawer Dialoog het onstaan uit die doodloop van twee bands in die jaar 2011. Kadawer Dialoog is gesamentlik gestig deur Kriss Kadawer en Jann G Kadawer met twee akoestiese kitare en ‘n sak vol inspirasie nadat die twee bogenoemde bands naamlik, Black Soul Cafè en Sonder Apologie opgebreek het. Jann en Kriss het teen daai tyd mekaar al ‘n hele paar jaar geken en al ‘n hele paar keer saam in en uit verskillende bands gespeel. Hulle het ‘n paar tunes aanmekaar geslaan en toe gaan soek na musiekante met dieslefde uit kyk en so het die avontuur begin, die Klopjag van die Kadawers as jy dit so wil noem.

Kadawer Dialoog het ‘n unieke klank wat nog nooit vantevore in die Afrikaanse taal gehoor is nie. Kadawer Dialoog bestaan uit 5 lede wat almal baie experimenteel en kreatief is as dit by musiek maak kom. Daar is ‘n stukkie vir elke persoon in Kadawer Dialoog se musiek en almal sal iets vind in die klanke.

Ons is ook daarby trotse Afrikaners, wat streef daarna om ons taal en kultuur te eer. Deur ons musiek probeer ons ‘n stem te wees vir die gene met dieselfde uitkyk op die lewe, maar wat nie ‘n platvorm het om hul standpunte te maak nie.